Verbode Liefde
© VDS Brink
Dit is 1963 en ons ouers is tog soo bekommerd oor die invloed die modes, Ducktails, Brylcream en die ergste...die Beatles! Dans was sonde want jy weet nooit waarheen dit als kon lei nie.
Elke generasie kyk deur die brille van hul tyd en sal deur die volgende een veroordeel word. Ons is lank reeds in die aanklagbank...
Hulle hare was kort, geen tattoos en het altyd in pakke met dasse opgetree! Alles word ingespan om die euwels van ons weg te hou en toe verklaar John Lennon.. ”We are more popular than Jesus!” Dit was die laaste strooi en die regering onder leiding van Oom Hendrik verklaar onomwonde dat die SAUK nooit ooit weer hulle musiek sal speel nie.
eLeM word ons redding, hulle speel die Rolling Stones en die Beatles. Maar elke Woensdag se kinderkrans word ge-open om die hierdie verbode vrug uit te lig volgens verskeie verse uit die vier Evangelies.
Die feit dat John al die tyd reg was, mag ons mos nie oor praat nie en ons word ondergronds gedryf. Sondagaande, gelukkig presies saam met die aanddiens, was dit die Hit Parade op LM radio vrolik aangebied deur Peter de Nobrega.
Maandae het ons skelm agter ons hande die trefferslyste bespreek en voorspel. LM op die 60 meter band was ons Twitter van ‘n wêreld verbode vir ons en op sy manier bygedra tot ons groot word.
eL-eM word ons verbode liefde..
Teen 1965 bou ek en my broer ‘n kristalstel radio van ‘n plan met onderdele oor die pos by Hamrad in die Kaap bestel. Dillema: om op medium golf AM te kan uitsaai het jy omtrent 200 meter lugdraad nodig. Eers die heining draad probeer, maar dit wou nie werk nie, die aller antwoord; die telefoondraad!
Ons saai uit: “Dis Radio Vanwyksvlei wat hierso omroep” en verkondig allerhande onsin wat gou-gou die buzz van die dorp word. Dit word opgevolg deur ‘n vriendelike besoek van die dierbare Sersant van der Merwe, wie se uniform baadjie altyd oopgeknoop was en jy hom in sy onderhemp aanskou het, wat ons vriendelik versoek om hierdie onwettigheid te staak.
Ons het darem in ‘n land gewoon waar selfs TV verbode was...en niemand, maar niemand mag ‘n woord oor die lugweë geuiter het sonder Oom Hendrik se medewete nie.
Ons het darem in ‘n land gewoon waar selfs TV verbode was...en niemand, maar niemand mag ‘n woord oor die lugweë geuiter het sonder Oom Hendrik se medewete nie.
Die Beatles word die sukses van die eeu, doen later klassieke musiek met die Liverpool Oratoria.
John Lennon sterf op 8 Desember 1980 in ‘n poel bloed op die trappies van sy huis. Hy laat ons na met “A long and Winding road” verander my lewe (kyk net gou hier) en laat ‘n poel van trane..
“The wild and windy night
That the rain washed away
Has left a pool of tears
Crying for the day
Why leave me standing here?
Let me know the way”
That the rain washed away
Has left a pool of tears
Crying for the day
Why leave me standing here?
Let me know the way”
Oom Hendrik? Op 6 September 1966 wreed met ‘n mes vermoor. Die wêreld oorbluf. Die Natte is in trane, die Bloedsappe bly liewer net stil, oorkant by GW Alston General Dealer parkeer paar van hulle en die deur bly ‘n dag lank gesluit..
Daardie aand by aandete bid my pa, maak sy oë oop, kyk na ons en sê: “vergeet wat julle nou hoor..maar dit was seker ‘n goeie ding wat vandag gebeur het..”
...................
En op 1 September 2011 open LM weer, na 41 jaar, jy kan gaan luister by www.lmradio.net . Die omroeper? Raai weer? ‘n nou amper bejaarde Peter de Nobrega!
No comments:
Post a Comment