Annien Kriel
Dit was ‘n regmakery vir ‘n vale wanneer “surprise parties” op die plase in Vanwyksvlei gereel is.
Dit was ‘n regmakery vir ‘n vale wanneer “surprise parties” op die plase in Vanwyksvlei gereel is.
Hare is gewas met varswater uit die reenwater tenk
(slegs beskore vir hare was, boontjies kook en kar was) en die nuwe rok wat my ma gemaak het sit net
reg vir wanneer die een my kom oplaai.
My ma het die rok gemaak van 3 jaarts material wat sy
by Oom Piet Smit se winkel op die dorp gekoop het. Jy kry die net in 3 jaarts
lengte. Mens koop dit nie van ‘n rol af
soos in die stad nie. 3 jaarts is gewoonlik te veel vir ‘n rok en dan bly daar
nog material oor.
My ma kom nou uitgetrippel uit die kombuis uit om die
een wat my kom haal te kom groet. Vinnig ‘n nuwe skoon voorskoot aangetrek en
maak haar verskyning op die stoep. “Middag kind, hoe gaan dit” Ek vang so na my
ma toe en sien sy het die voorkoot aan wat sy van die oorskiet lap van my nuwe
rok gemaak het. Ek voel ofdie aarde my kan insluk.
Afstande was soms maar ver. Hy ry 80km om my te kom haal. Die partytjie
is 10 km anderkant hulle plaas so, ons ry dan 90 km tot by die partytjie. Dieselfde afstande word
nou weer vannag na die partytjie afgelê.
Partykeer gebeur die dat hy net betyds terug is op die plaas voor die
koeie ingejaag word om gemelk te word.
No comments:
Post a Comment