Saturday, August 27, 2011

Die Spoor Byster geraak

Van der Spuy Brink

Toe ry vyf  tannies vir ‘n Vroue Sending Bond vergadering op ‘n Saterdagmiddag in Vosburg.

Om te verstaan, jy ry met ‘n grondpad amper 80 kilometer tot amper by Carnarvon. Net buite die dorp kom die pad van Vosburg met ‘n T aansluiting aan. Klomp spore in so ‘n delta agtige aansluiting.

Die tannies gesels te lekker en toe hulle al die pad van Vosburg af (nog 80 kilometer) by die T aansluiting aankom, hang daar ‘n stofwolk in die lug. Die son gaan net onder en dinge is bietjie onseker.


Die tannie wat drywe doen ‘n volle 360 grade in die delta aansluiting. Hulle kom hul fout eers agter toe hulle 80 kilometer verder weer Vosburg binne ry!

No comments:

Post a Comment