Oupa Schalk en Willem Cloete
Schalk (Naauwte) Burger
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhylYXyj6Ze19UCoermJuJmsX2I0Q55TVswsE4zFPR7O2cCk9umdFp1P0SOmYL6p_4DV6INQUzcu12IR1XYpuUoK9UlJBDVsz0EVVLzicHL31ntfBqvirh1LMbl7eN59c1UBIatnolgzxW2/s400/DSC_2965.jpg)
Ek het op twee foto`s afgekom wat elkeen sy eie storie
vertel. Op die eerste foto is oupa Schalk, sy jongste dogter Susie en sy derde
vrou, ouma Lenie, met Willem voor. Ek skat die foto is in die vroeë dertigs
geneem met Willem so ongeveer ses jaar oud. Hulle is op pad êrens heen, dalk om
vir tant Susie kollege toe te neem. Die motor dink ek was `n Chev. Daardie tyd
het motors nog nie kattebakke gehad nie nie maar `n karet waarop die
bagasie vasgemaak is. Ek kan my net indink hoe vol stof die bagasie geword het!
Dit lyk darem of die onderste twee stukke bagasie in goiingsakke toegemaak
is. Daardie jare was daar nog baie hekke op die paaie en ek dink dit was seker
Willem se taak om hulle oop te maak.
Die tweede foto is ongeveer in 1940 voor Oupa se huis in die
straat geneem. Willem was waarskynlik toe so 13 jaar oud. Die soutbosse langs
die watersloot is duidelik sigbaar. Baie van Oupa-hulle se familiefoto`s is op
presies hierdie plek geneem, seker maar omdat die soutbosse darem `n soort van
natuurlike agtergrond verleen het.
Ek onthou ook dat Willem later jare `n leke-prediker by een
of ander sekte geword het. Ek wonder of iemand dalk weet of Willem nog enige
naasbestaandes het.